Dubbel i Richii Optreede 2023

Dubbel i Richii Optreede 2023 Dubbel i Richii, het vir die Gr.3-groep kom optree nadat hulle musiek-genres behandel het. Dankie vir die lekker vertoning. Die leerders het defnitief ‘n nuwe waardering vir kletsrym (rap), hulle het hierdie geleentheid baie geniet.

Read more
Graad 3 mondelinge 2023

Graad 3 mondelinge 2023 Ons graad 3 leerders doen engelse mondelinge. “If I were a Superhero…” Hierdie leerders het nie net kom vertel van hoe dit sou wees om ‘n held te wees nie, “they also dressed the part”. Baie oulik julle, ons weet beslis wie ons gaan bel as ons in nood is.

Read more
Aan al die graad 12 leerders

Aan al die graad 12 leerders Baie sterkte met die laaste eindeksamen van julle skoolloopbaan. Hou vas aan ons Hemelse Vader, leer hard en bly vertrou. Jesaja 41:10 Die blancobokkies dink aan julle en bid vir julle.

Read more
10 Akademiese-, Sport- en Kultuurtoekennings 2023

10 Akademiese-, Sport- en Kultuurtoekennings 2023 Baie geluk aan die leerders wat top 10 akademiese-, sport- en kultuurtoekennings ontvang het. Julle maak ons trots, hou aan hard werk. Vir die leerders wat dalk hierdie keer uitgemis het, ons bly glo in julle, werk hard, daar lê nog ‘n hele kwartaal voor.

Read more
Entrepreneursdag 14 September 2023

Ons graad 7 Entrepreneursdag 2023 was ‘n reuse sukses. Daar is defnitief ‘n paar besigheidsmanne en -dames tussen hierdie leerders. Julle kreatiwiteit en verkoopstaktieke was fantasties. Baie geluk julle met ‘n suksesvolle dag! #blanco #blancobokkies #graad7 #entrepreneursdag

Read more
Eisteddfod 2023 Gala aand optrede 13 September 2023

Ella, Roxy en Rosslyn het die voorreg gehad om gister aand by die George Eisteddfod Gala aand op te tree. Hulle ontvang nog ‘n sertifikaat vir ‘n Cum Laude-opvoering! Baie geluk julle, hou só aan, ons sien julle dalk binnekort op die grootskerm. #drama #blanco #blancobokkies

Read more
Graad 7 wenasse: 12 september 2023

Nadat die gr7’s in Tegnologie geleer het hoe katrolle en wenasse ‘n mens meganiese voordeel kan gee om ‘n taak te verrig, het hulle kans gekry om modelle daarvan te bou. Hier is ‘n paar van die modelle wat die gr7’s gebou het.

Read more
Eisteddfod 2023

The Earth without art is just ‘eh’. -Demetri Martin Laerskool Blanco het meer as 50 inskrywings gehad vir die 2023 Eisteddfod en ons kan met trots sê dat 2 van ons inskrywings silwer gekry het, wat reeds ‘n reuse prestasie is waarop ons trots is, maar die res kry almal goud! “Jufrou ek het ‘n… […]

Read more